Baie welkom by die webtuiste van ONS TWEE IS DRIE

‘n Program vir HuweliksVORMING ontwikkel en aangebied deur Dr Kobus Prinsloo.

NUUS 14 Augustus 2010 Uitnodiging: Word `n huweliksbegeleier van die HuweliksVORMINGS-program, Ons Twee is Drie.

VIR NET R350 PER JAAR (PLUS BTW)!

REGISTRASIE BY DIE ASSOSIASIE VIR LEWENSLANGE GELOOFSVENNOTE

JA!, ons het na julle versoeke geluister!  Ons het die registrasiegelde verminder van R1,250 per jaar (plus BTW) na R350 per jaar (plus BTW).

NUUS – 2 Julie 2010 Ds Danie Mouton van die NG Kerk Oos-Kaap het kort gelede ‘n gesprek gehad met Dr Kobus Prinsloo. Lees meer daaroor by BLOG NG KERK OOS_KAAP  – KLIEK HIER.

Kyk ook na die kort video wat Danie gemaak het van Kobus waar hy die basiese konsep van Ons Twee is Drie verduidelik. KLIEK HIER Huweliksvoorbereiding met Kobus Prinsloo .

Julle sal uitvind dat dit baie beter is om julle huwelik op die goeie en suksesvolle elemente van julle verhouding te bou as om die “foute” te probeer regmaak. As julle op “foute”, of dit wat verkeerd is ingestel is, bly julle met die negatiewe elemente van julle verhouding besig. Dit vra baie energie en maak van die huwelik ‘n onaangename ervaring.

Ons twee is drie help egpare om trots te wees op hulle verhouding en om ‘n positiewe houding oor die huwelik te ontwikkel. Julle sal van die min mense wees wat ‘n aangename storie oor julle huwelik kan vertel.

Kobus Prinsloo

“Ek het altyd gewonder wat maak ‘n huwelik suksesvol. As ek ander mense vra, gee hulle sulke kort antwoorde. ‘Wees net geduldig’ of ‘wees net eerlik’. Ons twee is drie het ons gehelp om te verstaan wat maak ‘n huwelik suksesvol”. Nou weet ons wat om te doen om gelukkig getroud te wees”. A en B.

“Ons twee is drie gee ons geleentheid om oor onsself te praat. Ons bespreek nie ander goed wat nie op ons verhouding betrekking het nie. Ons kry baie tyd om te praat oor hoe ons ons eie verhouding sien. Dit dwing jou om met die positiewe kant van ons verhouding te werk”. O en A.